DF Malherbe was die eerste professor in Afrikaans in die land, en wel by die destydse Grey Universiteitskollege, die voorloper van die Universiteit van die Vrystaat. Dié Universiteit vier Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal met ‘n spesiale DF Malherbe-gedenklesing. Dr. Francois Smith en prof. Henning Pieterse van die UV se Departement Afrikaans, Nederlands, Duits en Frans vertel vir Ina Strydom meer oor dié geleentheid.