Dit is ongelooflik hoeveel sterrekunde in Hermanus gepleeg word. Ons verrassingsgas is een van die stigterslede van die Hermanus-sterrekundeklub. Ons hoor van hulle uitreikaksies en hoe hulle skole en die publiek by sterrekunde betrek, asook verskeie uitstallings by die gewilde walvisuitkykpunt en die staproete langs die see.