



Sterre en planete: “Cubesats”; Lagrange-wentelbaan
4 Oktober 2026: Ons praat oor sogenaamde “cubesats” - een wat sowaar van hout gemaak is! Ons praat ook oor hoekom die materiale waarvan ruimtetuie gebou word, baie versigtig gekies moet word. Die span verduidelik die spesiale Lagrange-wentelbaan waarin die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop geplaas…

Sterre en planete: Starlink-flitse is VVV’s?
27 September 2026: Ons hoor by Johan le Roux watter interessantehede voorlê in Oktober se nagte, asook die interessanthede wat in die geskiedenis in Oktober gebeur het. Hoekom rapporteer mense dikwels sogenaamde Starlink-flitse as VVV’s? Ons kon toe sowaar die skip wat SpaceX se Starship terugneem …

Sterre en planete: Sterrekunde in Namibië
20 September 2026: Ons kuier in Namibië en hoor van die Africa Millimeter Projek, en hoe baie sterrekundige aktiwiteite daar in dié land is. Ons gaste, Zandré en Ndu, vertel van hulle betrokkenheid by sterrekundeuitreike en onderwys. Ons hoor ook van Namibië se deelname aan die NASA Dragonfly-proje…

Sterre en planete: Ontdekking wat bestaan van donker materie moontlik kan bevestig
13 September 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en beantwoord ’n luiteraarsvraag oor die invloed van sonweer op langafstand-radiokommunikasie. Die Parker Solar Probe het weer ’n rekord nabyverbyvlug van die son gedoen, binne 6,2 miljoen kilometer van die sonoppervlak, en teen 700 000 km/h.…

Sterre en planete: Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop
6 September 2026: Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop, en hoe dit vergelyk met Hubble en James Webb. Kan Hubble se lewe verleng word deur sy wentelbaan te verhoog? Daar is dalk ’n kans dat ons die herwinde Starship om die Kaap kan sien verbyvaar.

Sterre en planete: Komete wat die geskiedenis herskryf het
30 Augustus 2026: Komete het dikwels die geskiedenis herskryf. Kort ná Julius Caesar se dood het daar ’n komeet verskyn wat so helder was, dat dit in die dag sigbaar was. Dit het die mense oortuig dat dit sy siel is, wat op pad na die hemel is. Nóg ’n dagkomeet het die fotografiese era in sterrek…

Sterre en planete: Africa2Moon-projek
23 Augustus 2026: Suid-Afrikaanse ingenieurs en wetenskaplikes is tans besig met ’n interessante projek wat ’n eerste in die wêreld sal wees. Die Africa2Moon-projek is 'n lae-frekwensie radioteleskoop in die vorm van balle, wat in 2029 op die maanoppervlak ontplooi sal word om nuwe tegnologie te de…

Sterre en planete: Sterrekundiges meet iets wat Einstein voorspel het, wat te klein is om te meet
16 Augustus 2026: Ons gas is ’n Suid-Afrikaner wat sy doktorsgraad in Australië doen, waar hulle dit kon regkry om iets te meet wat Einstein voorspel het. Dit word moontlik gemaak deur data van die Meerkat-teleskoop van sterre wat tot ’n duisend keer per sekonde om hulle eie as roteer. Luisteraars…

Sterre en planete: Besonderse sonuitbarsting; SpaceX-botsing met maan
9 Augustus 2026: Dr. Stefan Lotz vertel van ‘n besonderse sonuitbarsting aan die begin van Augustus. Prof. Matie Hoffman vertel die storie van die SpaceX-vuurpylstadium wat met die maan gebots het. Botsings het nogal ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die heelal, asook die ontstaan va…

Sterre en planete: Maan-na-Mars-marathon; 20 Julie; Herwinning van vuurpyle
2 Augustus 2026: Jim Adams vertel van ’n Maan-na-Mars-marathon, en hoekom 20 Julie ’n spesiale datum is vir die Maan en Mars, met ’n besonderse Suid-Afrikaanse verbintenis. Ons hoor hoe StarShip gebou word om te verhoed dat die vuurpyl swig onder die geweldige lanseringskragte, en dat daar nou vier…