


775 clip(s) in playlist

Sterre en planete: Wat is die verskil tussen okkultasies en oorgange?
25 Oktober 2026: Johan le Roux vertel van die hoogtepunte wat in November se naghemel te sien is, insluitend komeet- en asteroïde-nuus. Ons bespreek die verskil tussen okkultasies en oorgange, en die oorsprong van die term, supermaan. Ons gesels ook oor Voyager 1, wat nou een ligdag weg van die aar…
25:49
Sterre en planete: Van NASA Deep Space Station 51 tot Hartebeesthoek Radio-sterrewag
18 Oktober 2026: ’n Gereëlde luisteraar het ’n wonderlike wenk gegee oor iemand wat hy ken wat in die 1960’s uit Brittanje na Suid-Afrika gekom het om by NASA se Deep Space Station 51 te kom werk. Vandag ken ons dit as die Hartebeesthoek Radio-sterrewag. Mike Ainley vertel land en sand van die bela…
27:23
Sterrre en planete: Ruimteweerraaisel opgeklaar; Nobelprys vir Fisika
11 Oktober 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer en verduidelik hoe wetenskaplikes onlangs ’n 1840’s ruimteweerraaisel opgeklaar het. Hy verklaar ook ’n skielike afname van 30% in atmosferiese straling wat studente in 2024 met instrumente op ballonne gemeet het. Prof. Matie Hoffman verduidelik…
26:24
Sterre en planete: “Cubesats”; Lagrange-wentelbaan
4 Oktober 2026: Ons praat oor sogenaamde “cubesats” - een wat sowaar van hout gemaak is! Ons praat ook oor hoekom die materiale waarvan ruimtetuie gebou word, baie versigtig gekies moet word. Die span verduidelik die spesiale Lagrange-wentelbaan waarin die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop geplaas…
25:35
Sterre en planete: Starlink-flitse is VVV’s?
27 September 2026: Ons hoor by Johan le Roux watter interessantehede voorlê in Oktober se nagte, asook die interessanthede wat in die geskiedenis in Oktober gebeur het. Hoekom rapporteer mense dikwels sogenaamde Starlink-flitse as VVV’s? Ons kon toe sowaar die skip wat SpaceX se Starship terugneem …
26:38
Sterre en planete: Sterrekunde in Namibië
20 September 2026: Ons kuier in Namibië en hoor van die Africa Millimeter Projek, en hoe baie sterrekundige aktiwiteite daar in dié land is. Ons gaste, Zandré en Ndu, vertel van hulle betrokkenheid by sterrekundeuitreike en onderwys. Ons hoor ook van Namibië se deelname aan die NASA Dragonfly-proje…
26:24
Sterre en planete: Ontdekking wat bestaan van donker materie moontlik kan bevestig
13 September 2026: Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en beantwoord ’n luiteraarsvraag oor die invloed van sonweer op langafstand-radiokommunikasie. Die Parker Solar Probe het weer ’n rekord nabyverbyvlug van die son gedoen, binne 6,2 miljoen kilometer van die sonoppervlak, en teen 700 000 km/h.…
26:32
Sterre en planete: Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop
6 September 2026: Jim Adams en prof. Matie Hoffman praat oor die Nancy Grace Roman-ruimteteleskoop, en hoe dit vergelyk met Hubble en James Webb. Kan Hubble se lewe verleng word deur sy wentelbaan te verhoog? Daar is dalk ’n kans dat ons die herwinde Starship om die Kaap kan sien verbyvaar.
26:22
Sterre en planete: Komete wat die geskiedenis herskryf het
30 Augustus 2026: Komete het dikwels die geskiedenis herskryf. Kort ná Julius Caesar se dood het daar ’n komeet verskyn wat so helder was, dat dit in die dag sigbaar was. Dit het die mense oortuig dat dit sy siel is, wat op pad na die hemel is. Nóg ’n dagkomeet het die fotografiese era in sterrek…
26:37
Sterre en planete: Africa2Moon-projek
23 Augustus 2026: Suid-Afrikaanse ingenieurs en wetenskaplikes is tans besig met ’n interessante projek wat ’n eerste in die wêreld sal wees. Die Africa2Moon-projek is 'n lae-frekwensie radioteleskoop in die vorm van balle, wat in 2029 op die maanoppervlak ontplooi sal word om nuwe tegnologie te de…
26:36