

Sterre en planete: Africa2Moon-projek
23 Augustus 2026: Suid-Afrikaanse ingenieurs en wetenskaplikes is tans besig met ’n interessante projek wat ’n eerste in die wêreld sal wees. Die Africa2Moon-projek is 'n lae-frekwensie radioteleskoop in die vorm van balle, wat in 2029 op die maanoppervlak ontplooi sal word om nuwe tegnologie te de…

Sterre en planete: Sterrekundiges meet iets wat Einstein voorspel het, wat te klein is om te meet
16 Augustus 2026: Ons gas is ’n Suid-Afrikaner wat sy doktorsgraad in Australië doen, waar hulle dit kon regkry om iets te meet wat Einstein voorspel het. Dit word moontlik gemaak deur data van die Meerkat-teleskoop van sterre wat tot ’n duisend keer per sekonde om hulle eie as roteer. Luisteraars…

Sterre en planete: Besonderse sonuitbarsting; SpaceX-botsing met maan
9 Augustus 2026: Dr. Stefan Lotz vertel van ‘n besonderse sonuitbarsting aan die begin van Augustus. Prof. Matie Hoffman vertel die storie van die SpaceX-vuurpylstadium wat met die maan gebots het. Botsings het nogal ’n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die heelal, asook die ontstaan va…

Sterre en planete: Maan-na-Mars-marathon; 20 Julie; Herwinning van vuurpyle
2 Augustus 2026: Jim Adams vertel van ’n Maan-na-Mars-marathon, en hoekom 20 Julie ’n spesiale datum is vir die Maan en Mars, met ’n besonderse Suid-Afrikaanse verbintenis. Ons hoor hoe StarShip gebou word om te verhoed dat die vuurpyl swig onder die geweldige lanseringskragte, en dat daar nou vier…

Sterre en planete: Maansverduistering in Augustus
26 Julie 2026: Augustus se hoogtepunte sluit in ‘n besonderse maansverduistering. Ons word ook weer herinner aan interessante Russiese sendings destyds, soos Spoetnik 5 in 1960 waarin twee honde, ’n konyn, veertig muise en twee rotte ‘n rit na die ruimte meegemaak het en weer veilig teruggebring is…

Sterre en planete: Agter die skerms
19 Julie 2026: Het jy geweet dat Sterre en Planete oorspronklik as ’n vyfminuut insetsel in Hennie Maas se kontinuïteitskof begin het? Willie Koorts se eerste regstreekse uitsending op RSG was in Desember 2002 op die “Verduisteringstrein” vanaf die hoogste stasie in Suid-Afrika. Ons luister na uitt…

Sterre en planete: Hoekom flikker sommige hemelliggame in verskillende kleure?
12 Julie 2026: Dr. Stefan Lotz het die jongste ruimteweervoorspelling. Ons hoor watter invloed die son op die ander planete in ons sonnestelsel het. ’n Luisteraar wil weet hoekom flikker party hemelliggame in verskillende kleure, terwyl ander net wit lyk? En, hoekom word die Hubble- en James Webb r…

Sterre en planete: Voyager 1; Perseverance Marskarretjie
5 Julie 2026: Die 50-jaar oue Voyager 1-ruimtetuig moes nóg ’n instrument afskakel weens ’n tekort aan krag. JPL ingenieurs het ’n blink plan uigedink sodat die Perseverance Marskarretjie nou op Mars kan navigeer sonder GPS. Die volgende groot ruimteteleskoop het in Florida aangekom om binnekort ge…

Sterre en planete: Planete wat stilstaan, of agteruitbeweeg?
28 Junie 2026: Ons praat oor planete wat stilstaan en selfs agteruitbeweeg, na sterrekundiges wat 12 voet onder die grond of selfs op die maan begrawe is, en hoe NASA ’n boete opgelê is vir rommelstrooi van ’n ruimtestasie.

Sterre en planete: Die lewe van ‘n tegnikus by ’n afgeleë sterrewag
21 Junie 2026: Hoe is die lewe om as tegnikus by ’n afgeleë sterrewag op ’n koppie in die middel van nêrens te bly, en om diep in die nag uitgeroep te word om ’n fout op ’n teleskoop reg te maak? Toe die Covid-inperkings destyds toegeslaan het, was die Sutherland Sterrewag toevallig slaggereed, dan…