RSG plaas in Mandelamaand die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Zenobia Daniels se seun, Zorian Mkobane van Sanddrif in Tsitsikamma in die Oos-Kaap, benodig fondse om op 4 Augustus 2026 by Klein Kariba in Limpopo deel te neem aan die ATKV Redenaarskompetisie se finale ronde. Die totaal vir vervoer en akkomodasie beloop sowat R7 090.00.