Kuns met kontant by die Woordfees (Deel 1)

View descriptionShare
 

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kr… 
1,043 clip(s)
Loading playlist
Wat het ’n Springbok, ’n sanger, ’n aktrise en die skandaal van Markus Jooste en Steinhoff met mekaar gemeen? Op die Kuns met Kontant-bank in die RSG-vierkant by die Toyota Stellenbosch Woordfees het vier uiteenlopende wêrelde bymekaargekom - Rugbyheld en sakeman Kobus Wiese, sanger en storieverteller Jak de Priester, aktrise Elzabé Zietsman en skrywer James Styan, wat die donker geheime agter Markus Jooste en die Steinhoff-skandaal oopvlek. Van die rugbyveld tot die sakewêreld, van die verhoog tot een van Suid-Afrika se grootste korporatiewe skandale. Wat dryf mense om sukses na te jaag? Wat kos dit om bo uit te kom? En wanneer verander gesonde ambisie in vernietigende gierigheid? 'n Opname van ‘n regstreekse, onthullende en soms skreeusnaakse gesprek oor geld, roem, risiko en die ware prys van sukses. Want om sukses te behaal is een ding. Om te weet wanneer jy genoeg het, is iets heeltemal anders.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk… 
Social links
Recent clips
Browse 1,043 clip(s)