SpitstydSpitstyd

Kuns met kontant 18 September 2024

View descriptionShare
Deel 2: Die televisiester, ontwerper van trourokke en modeontwerper, Diaan Daniels, praat oor sy nuwe uitkyk op die lewe sedert hy vyf jaar gelede 40 geword het. Hy is een van Suid-Afrika se mees bekroonde ontwerpers. Diaan het 27 jaar gelede sy merk as 18-jarige vanuit sy ouerhuis in Bloemfontein gemaak, toe hy 'n rok vir Brümilda van Rensburg en 'n troupak vir Kurt Darren ontwerp het. Hoewel hy deesdae nie sy geluk koppel aan sy loopbaansukses nie, raak hy steeds opgewonde oor hoogtepunte soos sy nuwe ontwerpe wat hy tans vir die voormalige Mej. Heelal, Margaret Gardiner, doen. Jy kan jou droomrok by Diaan Daniels Couture koop, huur of laat finansier. Diaan vertel hoe sy besigheidsmodel en persoonlike finansies werk. Hy praat ook oor die ooreenkomste tussen modeontwerp en sy jongste rol as binnenshuise ontwerper, binneversierder en eiendomsagent.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Spitstyd

    677 clip(s)

Spitstyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekk 
Social links
Recent clips
Browse 677 clip(s)