Spitstyd
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kr…1,054 clip(s)
Loading playlist
Johann Botha is 'n Suid-Afrikaner wat al sewe en 'n half jaar lank in die Franse Vreemdelingelegioen dien. Hy het sy eerste twee jaar as 'n valskermsoldaat deurgebring, voordat hy op die ouderdom van 21 die streng keuringsproses geslaag het om deel van die Franse valskermkommando te word. Hy dien reeds vyf en 'n half jaar in hierdie gespesialiseerde eenhede, waar hy ook as ‘n padvinder opgelei is.



