Die drama duur voort in For Better or for Whatever, en vandag loer ons weer by die Scotte en Nkosis in, terwyl ons kyk na ‘n paar van die skelmstreke wat jou geld en jou persoonlike inligting in gevaar kan stel. Bronwyn Bell, die hoof van bedrog, kliënte-uitnemendheid en beoordeling by Absa Bedrogoplossings, praat oor hoe jy met trots kan sê “I grew it”. So skuins voor Internasionale Bedrogbewustheidsweek kyk ons na twee skelmstreke uit die reeks, waarvan Suid-Afrikaners moet weet en kan herken. Skelmstreke kan op enige plek en met enigiemand gebeur. Sien die tekens raak en wees op jou hoede. Skakel of WhatsApp Absa by 0860-557-557 om ’n voorval aan te meld.



