Die F.W. de Klerk Stigting sê die uitlating van die bruin stem in die DA se top leierskapstruktuur, het 'n strategiese vakuum geskep. Die nuwe party, Unite For Change, sal nie deelneem aan vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing nie. 'n Peiling van die Instituut vir Rasseverhoudings wys die meeste Suid-Afrikaners gee nie om watter ras die president is nie, solank die persoon die werk kan doen.