EFF-lede is by die Oos-Londense landdroshof byeen vir die vonnisoplegging van hulle leier, Julius Malema. Wye en gemengde reaksie op die aanstelling van die oudpolitikus, Roelf Meyer, as Suid-Afrika se volgende ambassadeur in Amerika. Motoriste hou asem op vir die brandstofprys-aankondiging aan die einde van die maand, terwyl sekere sektore vrees vir afleggings.