



Spektrum: Voertuigverkope breek deur 60 000-kerf
2 Oktober 2026: Nuwe navorsing wys dat werkloses wat die toelae van R370 ontvang, nie ontmoedig word om werk te soek nie. Voertuigverkope breek in September vir die eerste keer in jare deur die 60 000-kerf. Hoekom is 'n konferensie oor kunsaktivisme vandag relevant? Ons praat met 'n dramaturg en ro…

Spektrum: Nuwe klag teen Shadrach Sibiya
1 Oktober 2026: 'n Nuwe klag van die oortreding van die Vuurwapenbeheerwet word by die geskorste adjunk-polisiekommisaris, Shadrach Sibiya, se klagstaat gevoeg. Al hoe meer stemme gaan op dat die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy amp herstel word. Cosatu sê R10-miljard m…

Spektrum: Verkiesingsdebat - Johannesburg
30 September 2026: Suzanne Paxton lei die debat tussen politieke partye wat aan die plaaslike regeringsverkiesing in Johannesburg deelneem.

Spektrum: Stropers teiken die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer
29 September 2026: 'n Aanbod is aan perskeboere gemaak wat deur die sluiting van die Tulbagh-inmaakfabriek geraak word. Demensie-gevalle in Suid-Afrika sal na verwagting skerp toeneem teen 2050. Stropers teiken nou ook die hoogsbedreigde Kaapse Hertkewer.

Spektrum: Groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne
28 September 2026: Die Madlanga-kommissie gaan strafregtelike klagte teen die voormalige adjunkhoof van misdaadintelligensie, Feroz Khan, lê. Drie Artikel 9-instellings begin met 'n ondersoek na geslagsgeweld. Daar is 'n groeiende tekort aan noodsaaklike medisyne in die openbare en private sektors.

Spektrum: DA vra vir ingryping by reguleringsowerheid vir private sekuriteitsbedryf
25 September 2026: 'n Boete van so veel as R100 000 voorgestel vir die indiensneming van ongedokumenteerde buitelandse werknemers. Die DA vra vir ingryping by die reguleringsowerheid vir die private sekuriteitsbedryf. 'n Oudiovisuele boek is in die pyplyn om die N/uu-taal van uitsterwing te red.

Spektrum: Hofgeding oor vier partye se proporsionele kandidaatlyste
24 September 2026: ‘n Hofgeding om vier partye se proporsionele kandidaatlyste onwettig te laat verklaar. Ons bekyk 'n taal wat diep in die geskiedenis en identiteit van Kaapstad verweef is, Afrikaaps of Kaaps. Amerika en Iran hervat vredesonderhandelinge.

Spektrum: ANC na Konstitusionele Hof oor kandidatelyste
23 September 2026: By die Madlanga-kommissie veg die taxibaas, Bafana Sindane, om sy getuienis te stop. Die ANC besluit om die kwessie oor sy kandidatelys na die Konstitusionele Hof te neem. Die massaskietvoorval in KwaZulu-Natal is moontlik bendeverwant.

Spektrum: Die jongste oor bek-en-klouseer
22 September 2026: Die jongste nuus oor die vordering in die stryd teen bek-en-klouseer. 'n Senior beampte van die polisiediens verskyn in die hof op aanklagte wat verband hou met seksuele oortredings. Hoe groot 'n bedreiging is die Withuis se nuwe Trump TV-kanaal vir onafhanklike joernalistiek?

Spektrum: 'n Vrou word elke 20 minute in SA verkrag
21 September 2026: Volgens die jongste misdaadstatistiek word 'n vrou elke 20 minute in Suid-Afrika verkrag - ons vra wat loop skeef? Kiesers kan van vandag af vir spesiale stemme registreer. Die ANC se versuim om kandidate op die proporsionele verteenwoordiging-stembrief in Mangaung te plaas, kan …