

Spektrum: Moontlikheid van hoër brandstofpryse in September
20 Augustus 2026: Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Gesondheid hef sy verbod op die toestaan van navorsingsubsidies op. Hoe diepgewortel lê die probleem van bendeverwante misdaad? Soos sake nou staan, sal brandstofpryse in September styg.

Spektrum: DA se Mark Burke reageer op aantygings
19 Augustus 2026: Die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, reageer op die aantygings teen hom. Pas op vir vervalste gewisverliesmedikasie - jy kan tronk toe gaan! Afriforum en March and March gaan saamwerk.

Spektrum: Sal jy mediese produkte gebruik waarvan die inhoud onseker is?
Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku burgers om versigtig te wees nadat 'n toename in die verkoop van onwettige medisyne aangemeld is. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA) sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en sko…

Spektrum: Tiener van Malmesbury in hof oor kinderuitbuitingsnetwerke
18 Augustus 2026: 'n Tiener van Malmesbury in die Wes-Kaap verskyn in die hof in verband met ekstremistiese aanlyn-kinderuitbuitingsnetwerke. Strafregkenners gaan by polisiestasies ontplooi word om polisiebeamptes by te staan. Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku mense om versigtig te wees…

Spektrum: Johannesburg wil straaturineerders vasvat
17 Augustus 2026: Die dodetal in Saterdagaand se bendeskietery in Newclare in Johannesburg styg tot vier. Die drukgroep teen ongedokumenteerde buitelanders, March and March, trek saam by die SAOG-beraad in Durban, op die dag wat die beraad migrasie bespreek. Johannesburgse beoog streng optrede teen…

Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop
14 Augustus 2026: Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan byna R4 miljard se kontrakte tussen Khumzi Investments en die Oos-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek. Solidariteit sê hy sal Media24 se sakeplan fyn bestudeer om vas te stel wat die maatskappy se rede vir sy herskikkingsplan is. Daar is ko…

Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel
13 Augustus 2026: Graan SA betoog teen die JSE se sojaboonprysmodel. 'n Beloning uitgeloof ná 'n beweerde brandstigtingsvoorval by die Bloedrivier-erfenisterrein. Zambiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.

Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland?
12 Augustus 2026: Uitspraak verwag in die saak teen die man, wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Usindiso-gebou. Ysige weer tref groot dele van die land, maar vir hoe lank? Die gemeenskapspolisiëringsforum in Reiger Park sê meer mans moet betrokke raak in die stryd teen bendegew…

Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood
11 Augustus 2026: Ons praat met ons verslaggewer op die toneel waar 14 mynerwerkers dood is. Die jongste oor watter passe oop en watter toe is weens sneeu. Die tweede kwartaal se indiensnemingstatistiek is pas bekend.

Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val?
10 Augustus 2026: Versoeke dat misdaadintelligensie-operasies versterk word in bendegeteisterde gebiede soos Reigerpark. 'n Weerkundige verduidelik waar nóg sneeu gaan val. Arrive Alive waarsku dat sneeu- en ystoestande uiters versigtig aangepak moet word.