
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.Social links:

Spektrum: Eugene de Kock getuig voor die WVK-ondersoekkommissie
26 Oktober 2026: Eugene de Kock, een van baie min mense wat ooit aan apartheidsmisdade skuldig bevind is, getuig voor die WVK-ondersoek. Bronkhorstspruit se water word 'n politieke voetbal in Tshwane op die vooraand van die munisipale verkiesing. Waterprobleme eis sy tol van die ekonomie.
51:22
Spektrum: MK-party skop sekretaris-generaal uit
23 Oktober 2026: Die MK-party skop sy sekretaris-generaal uit. Die Openbare Beskermer las 'n ondersoek na die Bronkhorstspruit-waterkrisis. Die polisie in Durban verskerp sy sigbaarheid nadat 'n groep mense 'n buitelandse burger doodslaan.
51:13
Spektrum: Ongeloof oor onderwysdepartement se R630 miljoen onderspandering
22 Oktober 2026: Ongeloof dat die nasionale onderwysdepartement R630 miljoen onderspandeer het. Ons praat met 'n ekonoom oor hoe November se brandstofpryse behoort te lyk ná gister se verligting. Die Suid-Afrikaanse regering maak groot vordering in die hantering van sy skuldlas.
51:23
Spektrum: Oortree Gayton McKenzie verkiesingsgedragskode?
21 Oktober 2026: Oortree die PA se Gayton McKenzie die verkiesingsgedragskode? Motoriste hoop dat vanmiddag se minibegroting verligting by die brandstofpomp sal gee. Haai-aanvalle in die kollig ná gister se noodlottige voorval.
50:40
Spektrum: Ondersoek na beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in drinkwater te gooi
20 Oktober 2026: 'n Ondersoek begin na die beweerde versuim deur Tshwane-amptenare om chloor in die drinkwater te gooi. Sowat 400 mense in Bronkhorstspruit het maagdermontsteking ontwikkel. 'n Polisie-generaal verskyn in die hof op aanklagte van die onwettige besit van ammunisie. Moontlike verligti…
49:45
Spektrum: Vier nuwe gevalle van a-pokke in SA
19 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki beskryf die ooreenkomste wat tussen die ANC en die apartheidsregering bereik is as 'n legkaart. Die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, is terug op kantoor. Vier nuwe a-pokke-gevalle word in Suid-Afrika bevestig, wat die totaal sedert Ja…
53:22
Spektrum: Kommer oor ernstige kinderwanvoeding in Oos-Kaap
16 Oktober 2026: Kommer oor ernstige voedselonsekerheid en wanvoeding onder kinders in die Oos-Kaap. 'n Waarskuwing dat Suid-Afrikaners aansienlik meer kan opdok vir hoender wat van Europa ingevoer word. Die Inkomstediens reageer op klagtes dat terugbetalings vanjaar langer as gewoonlik neem.
46:38
Spektrum: Verkiesingsdebat - Mangaung
15 Oktober 2026: Die Mangaung-metro in Bloemfontein in die Vrystaat is in die nuus oor die ANC se kanidaatslyste wat nie betyds ingedien is voor die OVK se spertyd nie. Die Konstitusionele hof het pas uitspraak gelewer in die ANC se aansoek dat 181 van sy kandidate se name wél op die kieserslys vir…
51:55
Spektrum: Zuma laat vaar appèl in korrupsiesaak
14 Oktober 2026: Oudpresident Jacob Zuma laat vaar sy appèl in sy korrupsiesaak. Die jongste Suid-Afrikaanse Voedselsekerheidsindeks wys dat al hoe minder families voedsame voedsel kan bekostig. Agri SA hou sy jaarlikse kongres midde 'n moeilike jaar vir boere.
49:39
Spektrum: Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in verkragtingsaak uitgestel
13 Oktober 2026: Regstreeks vanaf die Suider-Afrika Telekommunikasie Netwerke en Toepassingskonferensie in die Darkensberg. Ons kyk na Die toekoms van digitale kommunikasie en die rol van kunsmatige intelligensie. Die voormalige adjunkpolisiehoof Shadrack Sibiya se borgtogaansoek in sy verkragtings…
50:52