Ons hoor wie is bekroon met die Netwerk24 kykNET Rapport-pryse, en jy kan ook luister na argiefonderhoude waarin die skrywers van die top 5-boeke op Rapport se lys van 100 beste boeke, oor hulle werk gesels. Marlene van Niekerk praat oor AGAAT en TRIOMF, onderskeidelik in die eerste en derde plekke op die lys, Etienne Leroux gesels oor SEWE DAE BY DIE SILBERSTEINS, en Elsa Joubert vertel die storie agter POPPIE NONGENA. Etienne van Heerden vertel ook van die storie agter sy roman, TOORBERG. In Johan Myburg se nuus uit die wêreldletterkunde kan jy hoor watter boeke op die kortlys is vir die Bailie Gifford-letterkundeprys, en die ondersoek na die dood van die skrywer Hunter S. Thompson, wat twee dekades ná sy dood heropen is. Johan bring ook hulde aan Tony Harrison, die Britse digter en dramaturg, wat onlangs oorlede is.