Luister na ‘n 2018-onderhoud wat Ilse Salzwedel met Nico Moolman gevoer het. Hy is verlede week oorlede, en sy voormalige uitgewer, Annie Olivier, bring ook hulde aan hom. Jy kan ook luister na Gareayah Fredericks en Ingrid Winterbach se aanvaardingstoesprake by die UJ-prysoorhandiging. Johan Myburg vertel meer oor die Kirkus-pryse, die Britse skrywer Richard Osman se gunstelingboeke, en hy gesels oor Greg Iles, die Amerikaanse skrywer wat verlede week oorlede is.