Marita van der Vyver gesels oor haar reisboek, MY JAAR VAN VREES EN VRYHEID. Skrywer en resensent Deborah Steinmair vertel meer oor haar gunsteling Afrikaanse romans en misdaadfiksie vir 2025. In Johan Myburg se internasionale boekenuus vertel hy meer oor die baie vermaaklike roman, THE TRUE STORY OF RAJA THE GULLIBLE (AND HIS MOTHER), deur Rabih Alameddine wat onlangs met ‘n gesogte Amerikaanse prys bekroon is, asook ‘n nuwe roman uit die pen van die bekroonde Maggie O’Farrel, en die langlys vir volgende jaar se Dublin-letterkundeprys.