Ilse Salzwedel gesels met Francois Bloemhof oor sy skryfwerk, en spesifiek ook oor sy jongste roman DIE DUISEND EN EERSTE NAG. Suzette Kotze-Myburg deel haar indrukke van Shana Fife se baie inspirerende en broodnodige memoir getiteld OUGAT. In Johan Myburg se insetsel gesels hy onder andere oor die ware identiteit agter ‘n gewilde Spaanse skrywer se skuilnaam, en ‘n nuwe Winnie the Pooh-verhaal, presies 95 jaar nadat die gewilde kinderverhale die eerste keer verskyn het.