Ilse Salzwedel praat met prof. Naomi Morgan oor haar jongste vertalings uit Frans: die drama ONS WAG OP GODOT (waarvoor sy pas met die UJ-Prys bekroon is), en DIE ANDER DOGTER, ‘n novelle deur Annie Ernaux. Johan Myburg bespreek die BBC se lys van topverkoperboeke vir die eerste ses maande vanjaar, en jy kan ook uitvind hoekom die Britse Polari-letterkundeprys nie meer vanjaar toegeken gaan word nie. Dan is daar ook ‘n kykie na die kortlyste vir die Netwerk24/KykNET/Rapport-boekpryse, en die benoemings vir die ATKV-Woordveertjies.