Skrywers en BoekeSkrywers en Boeke

Skrywers en boeke 25 September 2024

View descriptionShare
Prof. Willie Burger vertel hoekom Ingrid Winterbach se jongste roman hom so betower. Ons praat oor die gewaarwordinge wat groot romans – soos groot kunswerke – by lesers ontlok. AJ Opperman vertel meer oor Olga Kirsch, wat vandeesweek 100 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luister na ‘n kort argiefgesprek waarin Egonne Roth gesels oor haar biografie oor Kirsch, getiteld ‘N LEWE IN GEDIGTE. Johan Myburg vertel meer oor die Bookerkortlys, André Dao se pas bekroonde roman, ANAM, en Nadia Davids, ʼn Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus, wat onlangs met die 2024 Caine-prys vir skryfwerk uit Afrika bekroon is. BONUSINHOUD VIR POTGOOI: Luister na Daniel Hugo se argiefprogram oor die lewe en werk van Olga Kirsch. Hy het Kirsch in 1975 in Israel besoek om dit op te neem.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Skrywers en Boeke

    636 clip(s)

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Social links
Recent clips
Browse 636 clip(s)