Die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Weermag om die polisie te ondersteun in die stryd teen bendegeweld en onwettige mynboubedrywighede, het weer 'n vurige debat ontlok oor die rol van soldate in binnelandse veiligheid. Die parlementêre portefeuljekomitees oor polisie, asook minerale en petroleumhulpbronne, het beklemtoon dat gesamentlike koördinering en opleiding, tussen die weermag en die polisie noodsaaklik is, om inwoners se menseregte te beskerm en respekteer. Die Weermag sal vanaf 1 Maart vanjaar tot 31 Maart volgende jaar in verskeie provinsies ontplooi word. Ons het met die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron op Monitor gepraat.

Bek-en-Klou: As boere nie wil wag vir die enstof nie, moet hule betaal?
07:53

Solly Philander is oorlede
03:13

Iran: Hoeveel gaan die oorlog ons kos?
14:09