Nagenoeg 40 000 mense het "Geloftedag" by die Voortrekkermonument in Pretoria herdenk. Die dag was sover een van die grootste saamtrekke nog. Bykans 230 geloftefeeste het vanjaar landwyd plaasgevind en in die buiteland is dit op al sewe vastelande in 25 lande gevier, selfs in Antarktika
Ons praat nou hieroor met die Bedryfshoof: media, bemarking en toerisme van die Kultuurtuiste by die Voortrekker Monument, Dawid Brand....