Die ANC het sy stem gevoeg by diegene wat die Amerikaanse aanval op Venezuela en die gevangeneming van president Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, veroordeel. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mabula, het die media in Rustenburg in die Noordweste toegespreek en beklemtoon dat die stap 'n skending van die VN-Handves is en nie toegelaat kan word nie. Mbalula het ook die leier van die Vryheidsfront, dr Corne Mulder, veroordeel vir sy ondersteuning van die aanval op Caracas.