RSG Nuus en AktualiteitRSG Nuus en Aktualiteit

Suid-Afrika veroordeel die VSA se optrede in Venezuela

View descriptionShare

RSG Nuus en Aktualiteit

'n Daaglikse oorsig en ontleding van plaaslik- en internasionale nuusgebeure en kwessies wat jou raak. Brought to you SABC News.
467 clip(s)
Loading playlist

Verskeie lande het gister tydens 'n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad in New York, sterk teenkanting uitgespreek teen die Amerikaanse optrede waartydens die president van Venezuela, Nicolas Maduro en sy vrou, Cilia Florres, gevange geneem is. Die Russiese gesant by die Veiligheidsraad, Vasily Nebenzya sê die optrede kan nie geregverdig word nie. China se verteenwoordiger, Geng Shuang sê Amerika minag ernstige griewe van die internasionale gemeenskap. Venezuela het op sy beurt gesê dit was 'n onwettige gewapende aanval. Die Amerikaanse gesant, Mike Waltz het egter die VSA se optrede verdedig, en het na die optrede verwys as 'n wetstoepassingsoperasie. Hy het benadruk dat daar nie 'n oorlog teen Venezuela gevoer word nie, en dat die VSA die land nie beset nie. Waltz sê die VSA kan nie toelaat dat sy teenstanders beheer het oor die grootste energiereserwes in die wêreld nie. 

  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 2 playlist(s)

  1. RSG Nuus en Aktualiteit

    467 clip(s)

  2. SABC News Podcasts

    21,376 clip(s)

RSG Nuus en Aktualiteit

'n Daaglikse oorsig en ontleding van plaaslik- en internasionale nuusgebeure en kwessies wat jou raa 
Social links
Recent clips
Browse 486 clip(s)