RSG Nuus en AktualiteitRSG Nuus en Aktualiteit

#SONA2026: Jou water toevoer is nou direk die President se verantwoordelikheid

View descriptionShare

Die Menseregtekommissie het 'n brief aan die Nasionale Rampbestuursentrum geskryf waarin hulle aanbeveel dat 'n nasionale ramp verklaar word ten opsigte van Suid Afrika se watertoevoer. Dit is nou teen die agtergond van verskeie waterskrisisse, onder meer in Johannesburg en Pretoria. Die Gautengse premier Panyaza Lesufi het dié week verduidelik dat die waterkrisis in die Johannesburg-metro nie net weens 'n gebrek aan instandhoudingswerk is nie, maar ook weens 'n ontploffing wat die waternetwerk gepootjie het. Professor Anja Du Plessis, ‘n waterkundige van UNISA verduidelik wat dit vir ons krane beteken dat ons president nou direk aan die stuur gaan wees van 'n waterkrisis-komitee wat hy deur sy staatsrede bekendgemaak het. 

 

  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 2 playlist(s)

RSG Nuus en Aktualiteit

'n Daaglikse oorsig en ontleding van plaaslik- en internasionale nuusgebeure en kwessies wat jou raa 
Social links
Recent clips
Browse 625 clip(s)