Sondag koerante het die afgelope naweek berig oor die maatskappy Lone Rock Konstruksie wat verlede week 'n saak in die Pretoriase hooggeregshof aanhangig gemaak het om die polisie te dwing om die maatskappy teen die konstruksiemafia te beskerm. Die maatskappy kla dat taxie organisasies, bugerlike organisasies soos SANCO en prominente politici in Gauteng, hulle teister en verhoed om 'n konrak wat aan hulle toegeken is, te voltooi. Die half miljoen rand kontrak is om die Goue hoëweg te herstel. Maar geen werk kan gedoen word nie want werkers word geintimideer. Die maatskappy wil hê die hof moet die polisie minister dwing om op te tree teen die partye wat genoem is. Prof Andre Duvenhage politieke ontleder van die Noordwes Sakeskool verduidelik hoe die verskynsel werk.

Voertuigtoetsentrums dra by tot wetteloosheid, maar niks word gedoen nie.
07:09

Selfs staatsaanklaers moet aan leefstyl-oudits onderworpe word
05:10

Wenke vir tersiêre studente, wat nie ingedoen wil word nie.
05:45