Die vuurwapensaak teen die EFF-leier, Julius Malema, is in KuGompo in die Oos-Londense landdroshof tot vandag vir vonnisoplegging uitgestel. Malema is skuldig bevind op verskeie aanklagte, insluitend die onwettige besit van 'n vuurwapen, die afvuur van 'n vuurwapen in 'n beboude gebied, en omdat hy nie voorsorg getref het dat mense of eiendom nie in gevaar gestel word tydens die afvuur van die wapen nie en dat hy mense lewens en eiedom in gevaar gestel het. Die voorval het plaasgevind tydens die EFF se vyfde verjaardagvieringe by die Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane in Julie 2018. Gister het die verdediging en die staat hul versagtende en verswarende betoë aangevoer. Die staat vra tronkstraf, terwyl die verdediging 'n vonnis sonder aanhouding versoek. Hier is 'n ontleding van die saak deur die Strafregkenner, senior advokaat Francois Botes....

President Trump se opmerkings oor die Pous het Katolieke warm onder die kraag ...
04:48

'n Suid-Afrikaanse ”slimkop” is hard besig om die wereld se vinnigste internet te bou.
06:01

Hoeveel gaan brandstof volgende maand kos?
05:16