Verskeie woonbuurte in die Johannesburg Metro ervaar die afgelope paar dae vertragings in vullisverwydering. Die Johannesburgse vullisverwyderingsmaatskappy, Pikitup, sê die ontwrigtings is weens sekere operasionele uitdagings, insluitend stukkende vragmotors, personeeltekorte en vertragings by stortingsterreine. Die huidige agterstand raak roetes, wat tussen Dinsdae en Vrydae, gediens word. Die DA se leier in die Johannesburgse koukus, Belinda Kayser-Echeozonjoku sê vergaderings vind Dinsdag plaas om agter die kap van die byl te kom.

Doen jou kind te veel huiswerk?
08:36

Die Mynbou departement is verantwoordelik vir die onwettige-mynbou pandemie in die land sê kenner
05:29

Hoe 'n gebrek aan dienslewering ons lug besoedel
06:53