RSG Nuus en AktualiteitRSG Nuus en Aktualiteit

Is Mkhwanazi die regte man om die polisie te lei? 

View descriptionShare

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die heraanstelling van luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, as die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris vir 'n verdere vyf jaar, bevestig. Mkhwanazi het tydens 'n mediakonferensie in Julie verlede jaar, onder meer beweer dat die strafregstelsel deur misdaadsindikate gekaap is. 'n Parlementêre Ad Hoc komitee en die Madlanga Kommissie van Ondersoek is sedertdien in die lewe geroep. Die voorsitter van die Parlement se portefeulje komitee oor polisie, Ian Cameron het sy mening gelig oor die heraanstelling, maar ook oor of Mkhwanazi dalk die hoogste polisiepos in die land behoort te beklee, aldan nie.

 

  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 2 playlist(s)

RSG Nuus en Aktualiteit

'n Daaglikse oorsig en ontleding van plaaslik- en internasionale nuusgebeure en kwessies wat jou raa 
Social links
Recent clips
Browse 625 clip(s)