Die koeldrankmaatskappy, Coca-Cola, het 'n advertensie vir 'n regstellende aksie-kandidaat teruggetrek, nadat die vakbond Solidariteit beswaar daarteen aangeteken het. Die advertensie is bedoel vir werklose jong mense. Solidariteit het aangevoer dat dit onwettig is om raseksklusiewe advertensies te hê. Coca-Cola het teruggeskryf en onderneem om die advertensies onmiddellik terug te trek, en om met 'n interne proses te begin om te verseker dat dit nie weer gebeur nie. Ons het op Monitor met 'n arbeidsprokureur by die regsfirma EMS Africa, Fritz Malan, hieroor gepraat.

Moet die poskantoor gered word?
04:55

Wat ookal gebeur, hier is ‘n gids vir hoe die Iran konflik jou sak sal raak.
08:33

Mimi het die weg gebaan vir SA se opera-supersterre.
04:41