President Cyril Ramaphosa het vanjaar in sy staatsrede in die Parlement wéér beklemtoon dat geslagsgeweld 'n nasionale ramp is. Maar hoekom raak sommige mans gewelddadig teenoor hulle lewensmaats? 'n Nuwe studie deur dr. Mpho Motseki van die Universiteit van Wes-Kaapland werp lig op dié tipe geweld in Suid-Afrika en beantwoord die belangrike vraag. Haar navorsing het onder meer bevind dat faktore soos alkoholmisbruik, jaloesie, kindertrauma en die afwesigheid van pa's, 'n groot rol speel in mans se gewelddadige gedrag. Motseki verduidelik hoekom die navorsing so belangrik is.
Naweekaktueel praat ook met die Minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald, oor die rehabilitasie van gevangenes wat skuldig bevind is aan geslagsgebaseerde misdade.

“Godongwana se verligting by die pomp gaan ons duur te staan kom”
07:18

Die Nuwe regulasies oor Swangerskap op die skoolbanke gee die Pa's steeds kwytskelding.
07:42

Haglike toestande by weermagbasisse onanvaarbaar.
05:19