Die hoof van die weermag, generaal Rudzani Maphwaya, het soldate aangespreek oor hoe hulle mekaar in die mag aanspreek. Hy sê die kultuur waar soldate mekaar as byvoorbeeld "Chief" of "Comrade" aanspreek moet stop, en range moet gerespekteer word. Hy sê dit is 'n voorbeeld van swak dissipline in die mag, as range nie gerespekteer word nie. Die weermag is die afgelope paar maande in die kollig, weens die weermaghoofde se minagting van 'n opdrag deur die president vroeër vanjaar oor die deelname van Iran aan 'n BRICS-vlootoefening. Kobus Marais onafhangklike militere kenner sê die gebrek aan dissipline in die leierskorps se skuld.

President Trump se opmerkings oor die Pous het Katolieke warm onder die kraag ...
04:48

Julius Malema word vandag gevonnis...
08:02

'n Suid-Afrikaanse ”slimkop” is hard besig om die wereld se vinnigste internet te bou.
06:01