Die Ondersoek na sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie moet die voormalige nasionale direkteur van openbare vervolgings, Shamila Bathohi, weens pligsversuim ondersoek, met betrekking tot die vervolging van WVK-sake. Dit is volgens die voormalige WVK-kommissaris, Yasmin Sooka, in getuienis voor die Kommissie. Op dag vyf van die openbare sitting het Sooka die rol van voormalige presidente Thabo Mbeki en Jacob Zuma in verband met die hantering van hierdie sake bevraagteken. Sy glo daar was pogings om die vervolging van oortreders te onderdruk. Lukhanyo Calata, die seun van Fort Calata, wat een van die Cradock Vier was wat in 1985 deur die apartheidstaat vermoor is, het die skuld vir die versuim om te vervolg voor die deur van die voormalige president, Thabo Mbeki, geplaas.

“Godongwana se verligting by die pomp gaan ons duur te staan kom”
07:18

Die Nuwe regulasies oor Swangerskap op die skoolbanke gee die Pa's steeds kwytskelding.
07:42

Haglike toestande by weermagbasisse onanvaarbaar.
05:19