Die Gesamentlike Staande Komitee oor die Finansiële Bestuur van die Parlement sê nog hy, nog die kantoor van die Ouditeur-Generaal, kon enige onreëlmatighede vind in die werwing, aanstelling en salarisverhoging van die Sekretaris van die Parlement, Xolile George nie. George is in 2022 aangestel. Die ondersoek het gevolg nadat die DA ernstige bewerings gemaak het oor George se aanstelling en sy salarisverhoging wat binne 17 maande gestyg het van 2-komma-6 miljoen rand tot meer as 4 miljoen rand. Die waarnemende mede-voorsitter van die komitee, Cameron Dugmore het aan Monitor verduidelik hoekom dit nie ongehoord is nie.

Brandstofpryse gaan knyp midde van die oorlog
04:33

Hoogdrukstelsel krap die weer om...
05:10

Die rede vir Trump se aanval op Iran word moeiliker om te verstaan
09:15