Alhoewel daar 'n vyf persent afname in padsterftes was vergeleke met dieselfde tydperk die vorige jaar, sê Minister Barbara Creecy dis steeds onaanvaarbaar dat 1 427 padsterftes aangemeld is, van 1 172 botsings. Syfers oor die omkopery van wetstoepassingsbeamptes, dronkbestuur en spoedoortredings gedurende hierdie tydperk bevestig dat wetteloosheid 'n groot probleem bly op ons land se paaie.Volgens Minister Creecy is 450 000 boetes vir verkeersoortredings uitgereik, 525 jaagduiwels is in hegtenis geneem, en 8 561 bestuurders se alkoholvlakke was meer as die toegelate limiet. Een bestuurder het 14 maal bo die limiet getoets. Die bestuurende direkteur van driving.co.za, Rob Hanfield Jones, sê ‘n strafpunt-stelsel soos AARTO, wat hier in Suid Afrika in werking gaan tree, werk elders in die wereld om gedrag op die paaie te verbeter.

Het die vloot ons president geïgnoreer?
06:55

Steenhuisen se ingryping in bek-en-klouseer, dalk te min en te laat
06:38

Knysna moet in die toekoms seewater-ontsouting oorweeg
06:25