29 September 2026: Wat is die praktiese verskil tussen eienaarskap van ‘n vuurwapen en die wettige besit en gebruik daarvan? ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof gee nou groter regsekerheid oor die hantering van vuurwapens waarvan lisensies verval het, asook vuurwapens wat deel van bestorwe boedels vorm. Dr. Herman Els van Natshoot praat met ons hieroor. Die plant van ‘n pampoen vir die jaarlikse pampoenkompetisie sluit ‘n hele paar belangrike faktore in. Dis nou tyd om vir die 2027-kompetisie te plant. Henri Combrink van die Cullinan-tak van TLU SA gee raad.