3 Junie 2026: Wêreldmelkdag is op 1 Junie gevier. In Suid-Afrika was die fokus op suiwel se rol in beengesondheid. Rooivleisbedryfsdienste het kopers by die afgelope BTB Simmentaler-stoetuitverkoping bygestaan met die verkryging van ‘n internasionale liggingsnommer om toegang te verkry tot SA Stamboek se digitale naspeurbaarheidstelsel, IDtrax. Wat is die waarde daarvan? Ons vind ook uit watter genetika op 13 Junie by Bosveld Bonsmaraklub se veiling in Bela-Bela beskikbaar sal wees.