6 Julie 2026: Tegnologie kan groot voordele vir die sybokhaarprodusent inhou, sê die stigter van House of Fibre, Pierre van der Vyver. Hy tree as hoof van dié instansie af, maar sy jarelange kundigheid is nie vir die bedryf verlore nie. Ons het by Sybokhaar SA se kongres op Graaff-Reinet met hom gesels oor sy loopbaan en die pad vorentoe. Agri-Expo het onlangs hulle ledeskoukongres aangebied. Volgens Chris Fourie, die organisasie se president, is ’n landbouskou meer as net ‘n geleentheid wat een maal ‘n jaar plaasvind. Die ekonomiese inspuiting wat die volle waardeketting en gemeenskap hieruit kry, is noemenswaardig. Ons hoor wat by die kongres gebeur het, en wat die toekoms van plattelandse landbouskoue is.