11 Julie 2026: Ons klink ‘n glasie op die ontwikkeling van alkoholvrye wyn. Dié wêreldwye tendens word tans nagevors, met Suid-Afrika aan die wetenskaplike voorpunt. Ineke Herholdt is op ouderdom 24 doenig met haar doktorale studies wat te make het met mondgevoel. Wessel du Toit is ‘n vol professor in wynkunde by die departement wingerd en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is onlangs deur die Kaapse Wynmeesters aangewys as Wynpersoonlikheid van die jaar.