30 Oktober 2026: Rooijakkalse bly ’n groot uitdaging vir kleinskaalse bestaans- en opkomende boere, omdat hulle op skape jag maak en aansienlike veeverliese en finansiële druk veroorsaak. Riaan Wolhuter, ‘n buitengewone medeprofessor by die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, praat oor navorsing in dié verband.



