28 Oktober 2026: Het jy geweet daar is 9 000 wynetikette op Suid-Afrika se wynrakke? Dit laat ‘n mens wonder hoe die toekoms van Suid-Afrika se wynbedryf lyk. Ons luister na ‘n gesprek by die Toyota US Woordfees met Rico Basson van South Africa Wine. Dr. Helet Lambrechts van die Universiteit Stellenbosch het tydens die LRF se Veeskool meer lig gewerp op fetale programmering, en die invloed wat 'n koei se voeding op haar nageslag se lewenslange prestasie het.



