RSG Landbou: Nasionale ramprojek vir kommunale wolboere

 
11 November 2026: ‘n Nasionale ramprojek vir kommunale wolboere hoop om die wolbedryf ‘n aansienlike hupstoot te gee. Volgens Dan Kriek van die Nasionale Wolkwekersvereniging gee die onlangse oorhandiging van ‘n klompie ramme aan ‘n skeerskuur, nuwe momentum aan ‘n ramprogram wat in die verlede baie suksesvol was. Kongresgangers by die Dohne Merino-wêreldkongres het die geleentheid gehad om ‘n paar plase te besoek. Ons hoor wat die besoek aan Boontjieskraal in die Overberg-distrik behels het. Aartappels SA het Oktober se aartappelmarkverslag.