7 Julie 2026: Ons was by Overberg Agri se Bulk en Blêr-boeredag op Moorreesburg, waar die bek-en-klouseer-situasie in die Wes-Kaap ter sprake gekom het, Staatsveearts dr. Leana Janse van Rensburg gee terugvoer. Het jy geweet voedingsprobleme naby lam- of kalftyd kan tot groot produksieverliese lei? Ashley Grimsell van Voermol Voere het by dié boeredag ‘n paar voerwenke gedeel. Wat behels die sensoriese evaluering van ‘n kaasproduk? Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Suiweltegnologie het ’n kaas-sensoriese werkswinkel by die Universiteit van Pretoria aangebied, en ons het by Rian Marren meer uitgevind.