Ons luister na die suksesverhaal van ‘n groenteboer by Rustenburg. Dis ‘n gesamentlike ontwikkelingsprojek tussen Saai, Afriforum en Thabake Business Enterprise. Sedert die eerste plantsiklus net meer as twee jaar gelede afgeskop het, is meer as 60 ton groente al op die nagenoeg 0,75ha grond geoes. Landbouweervooruitsigte verander daagliks. Dis hoekom Johan van den Berg gereed is met die jongste nuus. Verder vind ons meer uit oor faktore wat in ag geneem moet word wanneer spuite aangekoop word. Ruan van Schalkwyk van Husqvarna praat oor die faktore wat in ag geneem moet word wanneer spuite aangekoop word.