Wat maak veediefstalsake so ingewikkeld en moeilik om op te los? Ons praat hieroor met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum. Volgens kenners aard koffiebome nie op die Weskus nie. Tog het ‘n druiweboer van Lutzville, Riaan Engelbrecht, besluit om dit aan te plant. Ons gesels met hom oor sy sukses. ‘n Klimaatslim vleisbeesproduksie-werkswinkel is onlangs in Pretoria aangebied. Professor Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad was een van die sprekers. Hy het oor beeste se voorkoms gepraat, en verduidelik hoe sekere eienskappe hulle help om by hulle omgewing aan te pas en volhoubaar te produseer.