In weerwil van damvlakke in die Oos-Kaap wat daal, en droogte wat ernstige uitdagings vir veral melkprodusente in die kusstreke inhou, was die oostelike deel van dié provinsie lanklaas so mooi. Só sê Peter Cloete van Agri Oos-Kaap. Hy gesels ook oor bek-en-klouseer, vrugte-uitvoere en ander landbouverwante kwessies. Lede van die rooivleiswaardeketting praat op 4 en 5 Maart met navorsers van die Noordwes-Universiteit oor kwessies soos voeding, biosekuriteit, genetika en marktoegang. Het jy geweet die Dexter is een van die kleinste beesrasse, maar staan glad nie terug as dit kom by vleisproduksie nie? Davis Dexters van Delmas hou op 14 Februarie veiling, en Gert Davis vertel van die diere wat op aanbod sal wees.