Ons gesels met die 25 jarige Jenedine Jantjies. Sy is die wenner van vanjaar se Agri’s Got Talent-kompetisie. Sy vertel nie net haar storie nie, maar ons hoor ook hoe klink dié engelstem met ‘n spesiale Kerslied wat sy graag met RSG-luisteraars deel. Lede van die Stellaland Meatmaster-klub het hulle harte oopgemaak vir Downsindroom SA tydens hulle jaarlikse produksieveiling in Klerksdorp. Ons praat met die Fourie-gesin vir wie dit na aan die hart lê, want hul dogter, Yolané, het Downsindroom. Johann Kotzé van Agri SA sluit die pogram af met ‘n Kersboodskap.