Ná onlangse brande in die Franschhoek-omgewing vind ons uit wat die uitwerking op veral wyndruiwe en produksieprosesse is. Die keldermeester by La Motte, Edmund Terblanche, verduidelik ook waaraan vanjaar se vroeë oes toe te skryf is. Andrew Hofmeyr van die Stigting vir Persone met Gestremdhede verduidelik hoe die insluiting van persone met gestremhede in landbou nie ‘n bysaak is nie. Dit lê op die kruispunt van armoedevermindering, voedselsekuriteit, innovasie en klimaatsveerkragtigheid.