Marline Burger, kuddebestuurder van die Percheron-perdestoet by die Wes-Kaapse Departement van Landbou, gesels oor die herkoms van dié diere, en hedendaagse boere wat steeds sin daarin het om hulle as werksperde op plase in te span. Sy bespreek ook die melkkudde se bestuur op die Elsenburg-navorsingsplaas buite Stellenbosch. Dr. Ronald Heath, direkteur van navorsing en beskerming by Bosbou Suid-Afrika, praat oor die gebruik van hommeltuie in die bosboubedryf.