Ons kuier op Zuurplaats in die Graaff-Reinet-omgewing by Groep 3 Merino’s. Weet jy wat die term, erfdwang, in die Merino-stoetbedryf beteken? Theo en Jaco Potgieter asook Kleintjie Pienaar verduidelik waarom dit ‘n vereiste tydens seleksie is. Dr. Simon Lashmar van die Landbounavorsingsraad praat oor die veelsydige rol van genomika in die veebedryf, en verduidelik hoe produsente nuwe ontwikkelings soos pangenome en mikrobiome prakties kan aanwend.