Die verbruik van Wagyu-vleis het die afgelope jaar viervoudig onder Suid-Afrikaners toegeneem. Johan de Vos en dr. Michael Bradfield van die Wagyu-vereniging van Suid-Afrika praat hieroor. Ons vind uit hoe diere-eienaars kan vasstel of veeartse by die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad geregistreer is. Ons kuier by prof. Anita Michel by Onderstepoort se Serologie-laboratorium waar daar onder meer vir brusellose getoets word.